Oor rooi hare en pink skoene

Ouma sê ek gaan later , as ek groot is , rooi hare he.
Dis okay want dit pas by my karakter.
Ek is nog die kleinste in die huis but watch me , ek is die baas in die huis.

In minder as drie maand het ek my eerst paar skoen flou geloop.
Ma het nuwes gekoop , so ‘n  blink pink paar.
Met ‘n strap aan die kant wat ek self kan lostrek.

Ek staan nou heeltemaal alleen ,loop loop so langs die tafel en banke maar die alleen loop ,wel dis vir later.

Ek het nou vier tande ,twee bo en twee onder.
En nou kan oupa se vinger lekker kou

As my boeties aan die tafel eet dan wil ek net saam eet.
Tjoklat , aarbeie ,room,koek,lasagne.

Ek hou nou ook self my bottel vas ,wel as ek so half pad gedrink het want dan is hy nie meer so swaar nie.

Oor twee weke is dit my verjaardag .
Ma hulle beter ‘n groot party gee met baie koek

3592_ollie_skoene

Nou ja , dis al my derde paar skoen ..ek is mos ‘n girl en girls het baie skoene

Mylpale in my lewe

1 februarie … eerste keer begin kruip en ook self gaan sit.
1 maart … eerste keer self teen die tafel opgestaan
en die eerste keer met moeder aarde kennis gemaak.Wat bedoel jy ,ek moet vashou?
13 maart … handjies klap koekies bak
20 maart … eerste keer wat ek iets gesteel het !!!???
Ja wel my ma vergeet my dummy in die kar en toe ma my by die dagmoeder neer sit kruip ek naar  die eerste baba wat ek teë kom en trek sy dummy uit sy mond uit en druk hom in my mond.

En o boy as ek nie my sin kry nie dan is al die hel los.

In die hospitaal

Dis al ‘n paar dae wat ek siek was en ma het my al doktor toe gevat maar die dokter het gese dis niks ernstig nie.

Maar ja , wat sal hy nou weet….Ek gooi al my kos en pap op ,kan net ‘n bietjie water drink en my oogies lyk soos ‘n skip wat besig is om te sink.En my lyf voel baie seer

Ma besluit toe om my maar naar die hospitaal te vat in Diest , daar stuur hulle ons naar die ‘materniteit’ ( dis nou waar kinners gebore word… maar ek is tog al gebore …)

Anycase daar besluit die dokter om my in die hospitaal te hou.

En daar lê ek dan omtrent kaalgat , net met ‘n pamper en ‘n dik naald in my lyf.

Ma slaap ook hier,pa travel tusse de huis en die hospitaal en ouma en oupa pas vir Lucas en bassie op

 

Eerste tand

Gisteraand toe steek oupa sy vinger in my mond en toe … byt ek hom want ek het nou my eerste tand gekry…Nie ‘n wonder dat ek so siek is nie.

En net oupa mag sy vinger in my mond steek om te voel waar is die tand .Vir al die ander draai ek my gesig weg.

 

Vrugte pap …lekker

Hier uit die blauwte gee die dagmoeder vir my vrugtepap.Sy het gedenk ek gaan ‘n gesig trek.

Hoekom ? dis lekkerder as groente. Ek is ni vol fiemies oor kos nie.

Maar ek is vol fiemies oor waar ek lê of sit en met wie ek sit.

Ja ek sit so al op ‘n manier .Maar dan verloor ek my konsentrasie en val op my mond.