toet toet toet

My ‘pre’ potjie training het begin… En ouma en oupa lag vir my …rerig.

Jy sien ma het vir my so ‘n blou potjie gekry en nou wil ek net op hom gaan sit.

En dis waar die lag storie inkom …
Ek staan so ‘n meter van die potjie af en dan draai ek met my rug na die potjie
En ek begin ‘reverse’.Nes ‘n trok  sê oupa.
Dan mik mik ek so blind in die rigting van die potjie en probeer sit
En dan sê oupa :’Nog net reverse ligte en ‘n hooter’

Daar is ‘n rede hoekom ek nou al begin potjie training doen.
Elke dag wat ek by die opvang is , is my boute vuurrooi en dit brand vreeslik.
Ek huil vreeslik as mama my boute skoonmaak.
Ouma hulle het toe spesiale salf by die apteek gaan haal.

 

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.